Bid eendag op ’n keer
Matt. 6:34 “Moet julle dus nie oor more bekommer nie,
Want môre bting sy eie bekommernis,
Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”
Bid vir ‘n toename in vertroue
Spr. 29:25 “As jy vir mense bang is,
kan jy in n strik beland,
maar as jy jou vertroue in die Here stel,
is jy veilig.”
Bid vir krag
Jes.41:10 “Moenie bang wees nie,
Moenie bekommer wees nie,
Ek is jou god.
Ek hou jou vas,
Met my eie hand red Ek jou.”
Bid vir die gawe van vriendelikheid
Spr. 12:25 “Bekommernis druk ‘n mens neer;
‘n vriendelike woord vrolik hom op.”
Bid vir intimiteit met die Heilige Gees
Rom. 8:14 “Almal wat hulle deur
die Gees van God laat lei
Is kinders van God.”
Moenie toelaat dat ANGS jou verhinder om voluit te lewe vir GOD.
Sylvia